.

why i am bankrott

keep it clean please

why i am bankrott

Postby V51JP » Thu Jul 07, 2011 7:35 pm

BANKROTSKAP:
Waar dit alles begin het.
"Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het en my oortrokke bankrekening verdubbel het.

Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse, en my oes verminder met die helfte.

Toe verander hulle die reënval van duime na millimeter en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim reen gehad nie.
Wat doen hulle toe?
Bring 'n ding genaamd Celsius en die temperatuur daal met twintig grade.
Geen wonder my mielies wil nie groei nie.
Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond van morge na hektaar en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspronklik geërf het.
Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer.
Nou is my plaas so vêr uit die dorp, dat niemand daarin belangstel nie!"
User avatar
V51JP
 
Posts: 86
Joined: 03.2011
Location: Windhuk Namibia
Gender: Male

Return to "Humor"


 

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron